Skip to content

Bidvest-groep verkoop bankafdeling aan Access Bank vir R2,8-miljard

# Bidvest Group het besluit om 100-persent van Bidvest Bank Holdings vir 2,8-miljard-rand aan Access Bank te verkoop. Die uitvoerende hoof, Mpumi Madisa, is vol vertroue dat die vooraanstaande finansiële instelling met ‘n wêreldwye teenwoordigheid sal verseker die bank groei en bly volhoubaar. Hierdie transaksie vorm deel van Bidvest se breër herstrukturering van sy Finansiële Dienste-afdeling, wat ook die verkoop van FinGlobal aan die Momentum-groep en deurlopende gesprekke oor Bidvest Life insluit.