Skip to content

Biden vry na Ruto en Kenia tydens staatsbesoek aan Washington

# Die Amerikaanse president, Joe Biden, rol vandag die rooi tapyt uit vir sy Keniaanse eweknie, William Ruto, met ‘n sterk diplomatieke staatsbesoek en ‘n weelderige Withuis-dinee met al die fanfare. Dit is die eerste staatsbesoek aan Washington deur ‘n Afrika-leier in langer as 15-jaar. Biden sal die Kongres vra om aan Kenia die status van ‘n belangrike nie-Navo-bondgenoot te gee. Dit verleen militêre en diplomatieke voorregte aan lande, waarvan daar tans 18 regoor die wêreld is, maar sonder enige formele sekerheidswaarborge. Kenia sal die eerste Afrika-nasie suid van die Sahara op die lys word.