# Die Amerikaanse president Joe Biden sê die COP29-klimaat finansieringsooreenkoms bring die wêreld ‘n stap nader aan die bereiking van sy klimaatsdoelwitte. Lande het ingestem tot ‘n teiken vir lande wat besoedel om 5,4-duisend-miljard-rand teen die jaar 2035 in te samel, om armer lande te help om klimaatsverandering te bekamp en daarby aan te pas. Die ooreenkoms is by die COP29-spitsberaad in Bakoe, Azerbaijan bereik. Die Britse minister van Energie, Ed Miliband, sê die ooreenkoms is ‘n reuse-geleentheid vir die Britse sakesektor om in ander markte te belê.
Biden sê die COP29-klimaat finansieringsooreenkoms is ‘n betekenisvolle stap om doelwitte te bereik