# Die uittredende Amerikaanse president, Joe Biden, het talle presidensiële kwytskeldings uitgereik en byna een-duisend-500 vonnisse verkort naby die einde van sy tyd in die Ovaalkantoor. Hy het 39 Amerikaners begenadig wat skuldig bevind is aan nie-gewelddadige misdade. Die besluit is beskryf as die meeste dade van presidensiële toegeeflikheid wat op ‘n enkele dag uitgereik is. Dit volg op Biden se omstrede besluit vroeër die maand om kwytskelding te gee aan sy seun, Hunter, wat skuldig bevind is dat hy ‘n onwettige dwelmgebruiker was in besit van ‘n vuurwapen, en belastingoortredings.
Biden reik 39 kwytskelding uit en verkort meer as 1500 vonnisse in sy laaste dae in die Ovaalkantoor