Skip to content

Bewaringsbewustes vier tien jaar van die uitbreiding van beskermde gebiede in die Noord-Kaap

# Bewaringsbewustes herdenk ‘n dekade van suksesvolle uitbreiding van beskermde gebiede binne die Vetplant Karoo-bioom van die Noord-Kaap. Oor die afgelope tien jaar het die Noord-Kaapse Grondprojek die verklaring van vyf nuwe natuurreservate en een nuwe beskermde omgewing moontlik gemaak. Daar word oor nog agt terreine onderhandel. Sodra dit voltooi is, sal dit ‘n totaal van 70-duisend hektaar tot bewaring bydra. Die wêreldwye doelwit is om 30 persent van land- en mariene omgewings teen 2030 te bewaar.