# Die Internasionale Natuurbewaringsvereniging is bekommerd dat daar min tyd oor is om die uitsterwing van Afrika-pikkewyne te keer. Dit volg nadat die organisasie die spesie in Oktober van bedreig tot kritiek-bedreig opgeskuif het. Die Afrika-pikkewyn ondervind ‘n katastrofiese afname in sy bevolking, teen meer as 97-persent die afgelope eeu. Die organisasie neem kennis van broeipare wat voortdurend afneem en voedselbronne wat skaarser word weens klimaatsverandering en menslike uitwerking. Die vereniging pleit vir beter beskerming van die oorblywende voëls.
Bewaringsbewustes sê daar is min tyd oor om te keer dat Afrika-pikkewyne uitsterf