Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Beurtkrag word vanmiddag 4-uur opgeskort

# Eskom het aangekondig beurtkrag sal vanmiddag 4-uur opgeskort word. Danksy ses opwekkingseenhede wat terug in diens is en die beskikbare opwekkingskapasiteit verbeter het, word beurtkrag tot môremiddag 4-uur opgeskort. Fase 2-beurtkrag word dus nie meer vanaf vanmiddag 4-uur ingestel soos voorheen deurgegee is nie. Eskom sal môremiddag ‘n verdere opdatering verskaf, of indien enige beduidende veranderings plaasvind.