# Die Nasionale Departement van Landbou sê 74,6-miljoen rand is reeds bestee om te probeer om die sprinkaanplaag wat verskeie dele van die Oos-Kaap raak, hok te slaan. In ‘n brief aan die Parlement sê die departement die koste sluit in die aanstelling en opleiding van kontrakteurs, die koste van insekdoders en verwante veiligheidsmateriaal. Die Departement van Landbou vra die publiek om die ligging van sprinkane aan te meld as hulle dit sien. Die plaag is beskryf as die ergste sedert 1984.