Skip to content

Besoeke aan Kraaifontein se geïntegreerde afval-fasiliteit inspireer mense om te herwin [KLANK]

# Die Stad Kaapstad sê besoeke aan die Kraaifonteinse geïntegreerde afvalbestuur-fasiliteit moedig mense aan om meer bewus te wees van vullis en hoe om dit te bestuur. By die fasiliteit word afvalprodukte op ʼn geïntegreerde manier geskei, oorgedra, herwin en weggedoen sodat so min as moontlik afval na die stortingsterrein hoef te gaan. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die fasiliteit is die perfekte plek om die jeug aan te moedig om betrokke te raak by herwinning en om afval te beperk: