# ‘n Twee-en-twintig-jarige man wat van die moord op ‘n bekende KwaZulu-Natalse sake-eienaar beskuldig word, moet Vrydag weer in die Landdroshof in KwaMsane verskyn. Innocent Gumede is tot dan in aanhouding. Hy word van moord en roof beskuldig. ‘n Polisiewoordvoerder, Thembeka Mbele, sê Maqumba Mlambo is op 13 Desember verlede jaar by sy huis in die Mfekayi-area vermoor toe hy deur drie gewapende mans gekonfronteer is:
Speel klankgreep: ENGThembekaMbele