Skip to content

Gautengse Onderwysdepartement gevra om kwessie van ongeplaaste leerders op te los [KLANK]

# Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta het ‘n beroep op Gauteng se Departement van Onderwys gedoen om ‘n oplossing te vind vir leerders wat nog nie plek in skole het vir volgende jaar nie, omdat die meeste skole reeds vol is. Die departement het in September aangekondig dat 71-duisend-775 ouers nog nie op aanbiedinge gereageer het om hul kinders in Graad 1 en 8 te plaas nie. Makaneta sê die meeste skole het briewe aan ouers gestuur waarin hulle onder meer sê dat hulle nou vol is en die ouers ander moontlikhede moet ondersoek: