# Die Wes-Kaapse polisie ondersoek die ontdekking van dwelms en ammunisie by die huis van die Bergrivier-munisipaliteit se DA-burgemeester, Ray van Rooy. Hy is gister ná die vonds by sy huis in Piketberg vir ondervraging ingeneem, maar is nog nie aangekla nie. Die munisipaliteit sê hulle wag op verdere optrede deur die polisie. Die DA-woordvoerder, Matthew Sims, sê die burgemeester ontken alle bewerings, maar onderneem om sy volle samewerking te gee met die regsproses wat sal volg.
Bergrivier-burgemeester ondervra nadat dwelms en ammunisie in sy huis gevind word