# Een van die wêreld se gewildste wildreservate in die Oos-Kaap het die bergfietsneiging aanvaar. ‘n Woordvoerder sê Shamwari se gaste sal nou die keuse van ‘n unieke bergfiets-ervaring hê en kan tussen die wêreldbekende Addo-olifante fietsry. Die bewaarderbestuurder, Andrew Kearney, sê die ritte in die bos is geskik vir mense wat gereeld fietsry en redelik fiks is. Dit bied die geleentheid om ‘n verskeidenheid wildlewe teen te kom. Kearney sê veiligheid geniet voorkeur en twee ervare gidse vergesel elke groep.