Skip to content

Beplande kragonderbreking van 9 ure raak vandag sommige inwoners van Gauteng

# Inwoners van Dobsonville Uitbreiding 3 en Island in Soweto, Gauteng, sal van negeuur vanoggend tot sesuur vanmiddag ʼn kragonderbreking beleef wanneer beplande instandhouding aan Eskom se verspreidingsnetwerk gedoen word. Inwoners word gemaan om veiligheidshalwe alle elektriese toestelle as lewend te beskou. Eskom sê die instandhoudingswerk is nodig om betroubare kragvoorsiening in die gebied te verseker. Hy sê hy werk aan tegniese probleme in verskeie gebiede, veral in die provinsie, waar die vraag na elektrisiteit hoog is.