Skip to content

Belgiese eko-ontwerper verander tennisballe in meubels

# Die Belgiese eko-ontwerper, Mathilde Wittock, maak meubels uit tennisballe. Die  Soundbounce-meubelversameling bestaan tans uit ʼn stoel, skerms, ʼn bank en ʼn reeks muurpanele. Wittock sê die projek wil help met ʼn oplossing vir die 400-miljoen tennisballe wat jaarliks weggegooi word en waarvan net een-persent herwin word. Dit neem Wittock drie tot vier weke om ʼn stoel te bou wat sy teen sowat 52-duisend-rand verkoop.