# Die geliefde akteur Phillip Henn, bekend vir sy rolle as Johann Vorster in Egoli en dr. Chris van Deventer in Binnelanders, is op die ouderdom van 63 oorlede. Volgens familie is nooddienste Sondag ontbied nadat Henn by ʼn huis in Oesterbaai in die Oos-Kaap, geval het. Hy is Woensdagoggend aan bloeding op die brein oorlede. Henn het vroeër vanjaar ʼn hartomleiding ondergaan, maar het na bewering goed herstel. Benewens sy televisie-rolle het Henn ook in Suidooster en Kelders van Geheime verskyn, en was ʼn talentvolle skrywer en fotograaf.
Bekende akteur Phillip Henn oorlede op 63