Skip to content

BEGROTING: VF Plus sê die regering van nasionale eenheid laat hoop opvlam dat positiewe veranderings moontlik is

# Die Vryheidsfront Plus sê dit lyk asof die blinde optimisme en vae beloftes van die verlede plek gemaak het vir ‘n meer pragmatiese perspektief op Suid-Afrika se ekonomiese en fiskale probleme. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana het gister die mediumtermynbegroting by die Parlement ingedien. Die VF Plus sê een positiewe aspek is dat die minister besef prioriteite is nodig om ‘n werkbare en stabiele fiskale raamwerk op te stel om groei te bewerkstellig. Hy sê die regering van nasionale eenheid het hoop laal opvlam dat positiewe verandering wel moontlik is.