Skip to content

Batebeslagleggingseenheid lê beslag op voertuie en huise van R3-miljoen wat met mynbou-sindikaat verbind word

# Die Pretoriase Batebeslagleggingseenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag het in ʼn voortgesette ondersoek na ʼn goudmyn-sindikaat in Khutsong en Carletonville nog ʼn bewaringsbevel vir drie-miljoen-rand bekom. Hulle het beslag gelê op huise, voertuie en geld wat aan sewe mense behoort wat met die sindikaat verbind word. Die NVG sê die Batebeslagleggingseenheid het verlede jaar reeds drie bewaringsbevele gekry wat met hierdie saak verband hou. Hy sê die vier bevele het betrekking op meer as 20-miljoen-rand en bestaan uit 55 voertuie, tien eiendomme, asook 91-duisend-rand kontant en ander waardevolle bates.