Skip to content

Bangladesj maak gereed vir môre se algemene verkiesing

# Bangladesj gaan môre na die stembus. Die eerste minister, Sheikh Hasina, sal waarskynlik ʼn vierde agtereenvolgende termyn beklink en ʼn vyfde algeheel vir haar Awami-liga-geleide alliansie. Die Nasionalisteparty van Bangladesj het onderneem om die stemmery te boikot omdat Hasina weier om uit te tree, nadat sy reeds sedert 2009 regeer. Vyftien-miljoen kiesers stem die eerste keer, met een-duisend-896 kandidate wat meeding om 300 setels in die Parlement, waarvan 5,1-persent vroue is. Hasina kry krediet dat sy nuwe lewe in die land se ekonomie en sy aansienlike klerebedryf geblaas het.