# ‘n Vrou is in Rusland 12-jaar tronkstraf opgelê omdat sy ‘n bedrag gelykstaande aan 930-rand geskenk het aan ‘n welsynsorganisasie wat Oekraïne steun. Die Amerikaans-Russiese burger Ksenia Karelina is van hoogverraad beskuldig toe sy in Februarie aangekeer is tydens ‘n besoek aan Rusland. Ondersoekers het op haar selfoon agtergekom sy het die skenking gedoen op die eerste dag van Rusland se inval. Die 33-jarige amateur-ballerina het skuld erken tydens ‘n geslote verhoor in dieselfde hof wat die Wall Street-joernalis Evan Gershkovich verlede maand skuldig bevind het aan spioenasie.
Ballerina kry 12-jaar tronkstraf in Rusland oor skenking van R930 aan organisasie wat Oekraïne steun