Skip to content

Balju lê beslag op bates van Korrektiewe Dienste oor onbetaalde oortyd

# Die Vereniging van Staatsamptenare het die hulp van die balju ingeroep om ‘n bevel af te dwing nadat die Departement van Korrektiewe Dienste nie voldoen het aan ‘n arbitrasie-toekenning nie. Die Bedingingsraad vir die Algemene Staatsdienssektor het in die guns beslis van 18 lede van die vakbond wat nie betaal is vir verpligte oortyd tydens Covid-19 nie. Die balju het by die departement se hoofkantoor in Pretoria beslag gelê op 50 rekenaars en 40 drukkers, wat opgeveil sal word om die lede te vergoed.