Skip to content

Bagasiesorteringprobleme by OR Tambo nou opgelos

# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê die tegniese probleme by die bagasiesorteringstelsel in die binnelandse terminaal by die OR Tambo Internasionale Lughawe, is suksesvol opgelos. Die tegniese fout wat Vrydagoggend voorgekom het, het baie binnelandse passasiers se tasse laat agterbly toe verskeie vliegtuie sonder alle bagasie aan boord van die lughawe af vertrek het. Die ACSA-groep se uitvoerende operasionele bestuurder, Terence Delomoney, sê hulle werk nou hard om die oorblywende bagasie-agterstand so gou moontlik uit te wis.