Skip to content

Australiese regering beplan om na 60-jaar om verskoning te vra oor die Thalidomied-tragedie

# Die Australiese regering beplan om ‘n nasionale verskoning uit te reik oor die Thalidomied-tragedie van die vroeë 1960’s wat tot die dood en misvorming van babas gelei het. Thalidomied was die aktiewe bestanddeel in ‘n kalmeermiddel wat voorgeskryf is aan talle swanger vroue in die land, en ook in die res van die wêreld. Dit het ‘n wêreldwye hersiening van dwelmtoetsregimes veroorsaak nadat die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmadministrasie die enigste instelling was wat geweier het om die middel goed te keur. Thalidomide het na raming 80-duisend ongebore babas se dood veroorsaak sowel as die misvorming van 20-duisend kinders.