# Die Australiese polisie het met ’n internasionale soektog begin na ’n man wat glo warm koffie op ‘n baba van nege maande gegooi en ernstige brandwonde veroorsaak het. Paul Dalton van die Queensland-polisie sê die 33-jarige verdagte is landuit. Die baba was laat-Augustus by ʼn gesinspiekniek in ʼn park in Brisbane, toe ʼn onbekende reisende arbeider, kokende koffie oor sy gesig en lyf gegooi het. Die polisie is in die duister oor sy motief. Hy is onbekend aan die gesin en is glo nou in ʼn ander land.
Australiese polisie begin soektog na man wat warm koffie op baba uitgooi