Skip to content

Australiese kampioen-fietsryer pleit skuldig oor vrou se dood in motorvoorval

# Die voormalige wêreldkampioen-fietsryer Rohan Dennis het skuld beken op ‘n aanklag oor ‘n voorval in Australië waartydens sy vrou en mede-Olimpiese medaljewenner, Melissa Hoskins, gesterf het. Sy is in Desember verlede jaar dood nadat sy voor hul huis in Adelaide getref is deur die voertuig wat hy bestuur het. Dennis se pleidooi beteken hy erken hy het ‘n motor bestuur toe Hoskins naby was, met die wete dat sy daad waarskynlik skade sal aanrig. Dennis, ‘n meervoudige wêreldkampioen op die pad en die baan, het verlede jaar uitgetree.