# Australiese dokters probeer die afgerukte been van ‘n branderplankryer weer aanheg nadat dit na ‘n haai-aanval uitgespoel het. Die 23-jarige Kai McKenzie is gister op sy branderplank deur ‘n grootwithaai aangeval in Nieu-Suid-Wallis. Hy het daarin geslaag om die strand te bereik waar ‘n vandiens-polisieman die bloed kon stop met sy hond se leiband. McKenzie se been het kort daarna uitgespoel en omstanders het dit op ys geplaas en hospitaal toe gehaas. ‘n GoFundMe-veldtog is begin vir sy mediese onkoste en het reeds bykans 900-duisend-rand ingesamel.
Australiese dokters probeer been weer aanheg nadat haai-aanval branderplankryer se been afruk