# Australië se weermag het ‘n aktiewe strafregtelike ondersoek onthul na ‘n voorval in Afghanistan nege jaar gelede waarby ‘n Australiese kommando-peleton betrek word. Die ondersoek hou verband met die beweerde moord van ‘n Afghaanse gevangene deur Australiese soldate, omdat daar nie vir hom plek was op ‘n Amerikaanse helikopter nie. ABC News het ‘n jaar gelede berig oor die bewerings wat ‘n Amerikaanse seesoldaat gemaak het. Die peleton se gewese bevelvoerder, Heston Russell, het dit ontken. Die department wil nie klankopnames oor die voorval vrystel nie, want dit kan die ondersoek belemmer.