Skip to content

ATM sê Departement van Binnelandse Sake moet geloof word vir toepassing van universele wette

# Die African Transformation Movement sê die onlangse kennisgewing wat die Departement van Binnelandse Sake uitgereik het, beklemtoon die belangrikheid dat immigrasie-wette gerespekteer en streng nagekom word. Die departement het buitelandse toeriste gevra om die land teen die einde van die maand te verlaat indien hulle teen die 23ste van die maand nog nie die uitslag van hulle visum-hernuwingsaansoeke ontvang het nie. ATM sê hy erken die belangrike rol wat toerisme speel om ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, maar dit kan nie gebeur terwyl immigrasieregulasies geïgnoreer of nasionale sekerheid in gevaar gestel word nie.