# Atletiek: Usain Bolt sê dit was frustrerend om na die 100-meter by vanjaar se Olimpiese Spele in Japan te kyk, omdat hy glo hy kon die wedloop gewen het. Die wêreld se vinnigste man het ná die Rio Spele uitgetree en moes by sy huis in Jamaika toekyk hoe die Italianer Lamont Jacobs die Olimpiese wedloop inpalm. Bolt het agt goue Olimpiese medaljes gewen en behou steeds die wêreldrekords in beide die 100- en die 200-meter. Hy het by ‘n byeenkoms in Doebai gesê nie een van die huidige atlete lyk of hulle sy tye sal verbeter nie.