Skip to content

Atletiek: Suid-Afrikaner Sekgodiso mik na eindronde in Parys na uitstekende vertoning in Marrakesj

# Atletiek: Die Suid-Afrikaanse middelafstandatleet Prudence Sekgodiso sê sy wil deurdring na die eindronde van die 800-meter op die Olimpiese Spele in Parys. Sy erken sy het haarself verras toe sy die item Sondag gewen het op die Diamantligabyeenkoms in Marrakesj, Marokko, in die vinnigste tyd vanjaar. Die 22-jarige Sekgodiso sê sy het nie verwag om so vinnig te hardloop nie. Sy het haar beste persoonlike tyd met 39 sekondes verbeter tot een-minuut-57,26-sekondes. Dit was die eerste Diamantligaoorwinning van haar loopbaan.