Skip to content

Atletiek: Jamaika se goue meisie gaan ná die Paryse Spele halt roep

# Atletiek: Die Jamaikaanse naelloopkampioen, Shelly-Ann Fraser-Price, beplan om ná vanjaar se Olimpiese Spele in Parys uit te tree. Die 37-jarige het agt Olimpiese medaljes en 16 Wêreldkampioenskaps-medaljes ingepalm. Sy het in 2019 die oudste vrou geword om die 100-meter-wêreldtitel te wen en dit opgevolg met nog ‘n goue medalje in 2022. Fraser-Price wil mense op vanjaar se Spele wys jy hou op wanneer jyself so besluit. Sy voel dit is nou tyd om terug te gee aan haar man en jong seun wat haar soveel jare ondersteun het.