# Action SA sal na verwagting bekend maak dat die voormalige DA-leier Athol Trollip hom by dié party aansluit. Action SA sal vanoggend om 11:00 in Gqeberha in die Oos-Kaap die media toespreek. Die party se leier, Herman Mashaba, sê vandag se aankondiging is deel van ‘n reeks hoë-profiel-individue wat ná die party se suksesvolle 2021-veldtog by Action SA aansluit. Hy sê hulle versterk Action SA se leierskap in aanloop tot 2024. Trollip, wat in 2015 ook as die DA se federale voorsitter gedien het en kort daarna as burgemeester van Nelson Mandelabaai, het die party in 2019 verlaat kort nadat die party se leier, Mmusi Maimane, bedank het.