# Die gewese burgemeester van Nelson Mandelabaai en senior DA-lid, Athol Trollip, het by ActionSA aangesluit. Die party het aangekondig hy is die party se voorsitter in die Oos-Kaap. Trollip het op ‘n mediakonferensie gesê hy het die aanbod van die leier van ActionSA, Herman Mashaba, aanvaar om deel van die party te word en vir verandering te stem. Hy sê hy het tot die politiek teruggekeer om verandering te help meebring:
Speel klankgreep: ENG Trollip