# Argeoloë glo hulle het een van Egipte se verlore sontempels uit die middel van die 25ste eeu vC ontdek. Die span het die oorblyfsels onder die sontempel van Nyuserra, die sesde koning van die 5de vorstehuis, ontdek. CNN berig die vonds sluit stempels in waarop die name van konings gegraveer is, wat voor Nyuserra regeer het. Daar is ook die voetstukke van twee kalksteen-pilare, ‘n kalksteen-drumpel en tientalle ongeskonde bierbottels. Historiese bronne meen daar is ses sontempels gebou, maar slegs twee is tot nou toe ontdek.