# Dit is nie ekonomies haalbaar om ongeskoolde plaaswerkers in die waardeketting te hou nie weens die aanvraag na spesifieke vaardighede en die dubbelsyfer-loonverhogings wat vroeër vanjaar ingestel is. Dit is die mening van Agri SA se arbeid- en indiensneming-regspesialis, Lebogang Sethusha. Sy waarsku dat verdere verhogings in die salarisse van plaaswerkers volgende jaar tot nóg werksverliese kan lei en intree-werksgeleenthede kan belemmer. Sethusha sê daar was in die eerste kwartaal van vanjaar sowat 792-duisend werkers in dié sektor in diens teenoor 810-duisend in die vierde kwartaal verlede jaar.