Die Onafhanklike Gemeenskapsaptekersvereniging van Suid-Afrika sê die vroeë diagnose en doeltreffende bestuur in die stryd teen tipe 2-diabetes is van deurslaggewende belang om die siekte te bekamp. Die organisasie het op Wêreld Diabetes-dag die kommerwekkende toename in nuwe gevalle beklemtoon, met 578-miljoen mense wat teen 2030 geraak sal word. Die uitvoerende hoof, Jackie Maimin, waarsku dat ʼn lewe met ongediagnoseerde diabetes dodelike gevolge kan hê en dring aan op pro-aktiewe gesondheidsorg-maatreëls.
Aptekersvereniging dring aan op vroeë opsporing van diabetes