# Lede van die koalisie wat teen die myn in die Wakkerstroom-gebied in Mpumalanga gekant is, is verheug oor die Konstitisionele Hof se uitspraak om mynbedrywighede te staak. Die Konstitisionele Hof het vir die tweede keer ‘n poging van Uthaka Energy, wat wou hê hy moet intree in ‘n regsgeding oor ‘n voorgestede myn in die Mabola-gebied, gestop. Die hof het die maatskappy se poging om teen ‘n interdik van die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria te appelleer, van die hand gewys. Laasgenoemde verbied enige mynbedrywighede op die perseel totdat ses ander betwiste sake opgelos is.