Skip to content

Anglo American sê BHP se aanbod is opportunisties en hoogs onaantreklik

# Anglo American het die globale mynreus, BHP, se voorgestelde oorname verwerp en sê dis opportunisties en ʼn groot onderwaardering van die maatskappy. Die Australiese mynmaatskappy het ʼn totale aandele-oorname van Anglo American voorgestel en die waarde op 740-miljard-rand beraam. Die ooreenkoms hang af van die ontbondeling van Anglo American Platinum en Kumba Iron Ore. Anglo American se voorsitter, Stuart Chambers, sê BHP se aanbod sal hoogs onaantreklik vir aandeelhouers wees en onsekerheid en risiko skep wat deur die maatskappy gedra sal moet word.