Skip to content

ANCYL vra dringende staatsoptrede om krisis in die staalbedryf aan te pak

# Die ANC-jeugliga het diepe kommer uitgespreek oor die voortdurende stryd van nywerhede in Suid-Afrika, veral in die staalsektor. Onlangse aanlegsluitings sal na verwagting duisende werksgeleenthede raak en die jeugliga se nasionale woordvoerder, Zama Khanyase doen ‘n beroep op die regering om beslissende stappe te doen om strategiese nywerhede te beveilig. Sy sê die liga is ‘n voorstander van staatsbesit, verbeterde nywerheidsbeleide en die heroorweging van handelsmaatreëls om Suid-Afrika se nywerheidstoekoms en werksgeleenthede te beskerm.