# Die ANC in die Wes-Kaap versoek die provinsiale regering om aan langtermynoplossings te werk om infrastruktuur te herbou en te versterk en om apartheid se ruimtelike beplanning aan te spreek. Dit volg op die gure weer wat die provinsie onlangs geteister het. In Kaapstad alleen is 158-duisend-en-97 mense geraak en 47-duisend-663 strukture oorstroom of beskadig. Die ANC-leier in die wetgewer, Khalid Sayed sê die verklaring van ‘n ramptoestand is ‘n deurslaggewende stap om hulpbronne en ondersteuning te gee aan diegene wat geraak is.
ANC Wes-Kaap wil langtermynoplossings hê om infrastruktuur te versterk