Skip to content

ANC Vroueliga eis voortgesette monitering en noukeurige beheer oor Pistorius terwyl hy op parool is

# Die ANC Vroueliga versoek voortgesette beheer oor die voormalige Paralimpiese kampioen, Oscar Pistorius. Hy is gister op parool vrygelaat nadat hy meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp. Die liga erken die rol van parool in die regstelsel, maar meen die erns van Pistorius se misdaad en die noodsaaklikheid van ʼn deeglike bepaling van sy gereedheid om weer in die samelewing te integreer, moet in berekening gebring word. Die liga versoek die owerhede om te verseker paroolvoorwaardes word streng nagekom.