# Die ANC is omgekrap oor die wangedrag van ‘n vrou op ‘n binnelandse vlug wat die party se naam gebruik het om haar optrede te regverdig. Sy was na bewering onder die invloed van drank op ‘n onlangse FlySafair-vlug van Durban na Kaapstad. Die ANC sê niemand het die reg om so op te tree nie, en beslis nie terwyl die beweging se goeie naam misbruik word nie. Daar is begin met ‘n ondersoek na haar lidmaatskapstatus. Die ANC sê haar gedrag was onverskoonbaar en maak hulle diep skaam.
ANC veroordeel wangedrag op binnelandse vlug