# Die ANC in die Gautengse wetgewer veroordeel die DA skerp vir die herroeping van hulle adjunkspeaker, Refiloe Nt’sekhe. Die ANC beweer die stap deur die DA is gemik op die ontwrigting van die vorming van die regering van provinsiale eenheid, wat fokus op die versekering van deurlopende dienslewering aan inwoners. Die ANC het vertroue uitgespreek in hulle nuut-verkose adjunkspeaker, Vuyo Mlakaza-Manamela. Hulle vra eenheid onder al die politieke partye in die provinsiale regering om doeltreffend te werk aan uitdagings in die provinsie.