# Die ANC gaan die huidige burgemeester, Xola Pakatsi, voorstel as sy burgemeesterskandidaat vir Buffalo City in die Oos-Kaap. Die metro is een van slegs twee waar die ANC ‘n volstrekte meerderheid behaal het en nie koalisies hoef te vorm nie. Die ander metro is Mangaung. Die party se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, het gister na ‘n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Pretoria gesê hulle verwag dat kandidate soos Pakatsi goeie leiers en eerlike mense met integriteit en hoë etiese standaarde sal wees.