# Die ANC se burgemeesterskandidaat in die Setsoto-munisipaliteit in die Vrystaat, Seipati Mbiwe, het met 19 stemme gewen teenoor Lebohang Mokoakoe van die EFF se 11. In reaksie op die ANC se oorwinning, sê Mokoakoe hy hoop alle partye kan saamwerk om goeie dienste te lewer. Hy sê inwoners het dienste nodig, ongeag aan watter party die burgemeester behoort.