# Die DA glo die mosie van wantroue in die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, word aangevuur deur ontevredenheid met ‘n nuwe vulliskontrak. Die kontrak bevat ‘n reeks streng prestasievereistes vir kontrakteurs en het daartoe aanleiding gegee dat 60-persent van die vorige kontrakteurs vervang is. Die leier van die ANC, George Matjila, het na bewering hieroor beswaar aangeteken en sonder bewyse beweer daar was korrupsie. Die DA benadruk die ANC se teenkanting gaan oor selfbelang en is daarop gemik om die vordering in Tshwane te kniehalter.
ANC se mosie teen Tshwane se burgemeester hou verband met vulliskontrak-geskil