# Die ANC in Noordwes het beloof om op te tree teen raadslede wat ten gunste van die EFF-lid Olebeng Mogorosi gestem het. Mogorosi is met nege stemme teenoor die ANC-kandidaat Doctor Batsi se sewe tot speaker verkies in die beleërde Mamusa Plaaslike Munisipaliteit. Die ANC-lid Hlomani Chauke sê drie van die party se raadslede het bevestig hulle het vir Mogorosi gestem. Chauke sê die regerende party sal sulke optrede nie duld nie.