# ‘n Koalisie van ses partye is in Tshwane and Johannesburg gevorm om die posisies vir burgemeester te verseker. Die DA, ActionSA, die Vryheidsfront Plus, ACDP, UDM en COPE het Vrydag in Johannesburg vergader en saam besluit om die DA se burgemeesterskandidaat Randall Williams te onderskryf. In Johannesburg is Action SA se kandidaat Herman Mashaba voorgestel en ‘n besluit sal oor die naweek geneem word. Die ANC is nie by die koalisie-onderhandelinge ingesluit nie.