# Die ANC Jeugliga se nasionale taakspan sê hy is verontwaardig oor die EFF-leier Julius Malema se optrede by ‘n mediakonferensie, waar hy mense mislei het oor koalisie-samesprekings met die ANC. Malema het gesê die ANC het probeer om die EFF te betrek by gesprekke oor munisipaliteite sonder ‘n besliste meerderheid, waar posisies en nie dienste nie, die belangrikste oorweging is. Die jeugliga het dit ontken en sê dit was die EFF wat voorgestel het hulle moet Tshwane kry in ruil vir Ekurhuleni vir die ANC. Die liga voeg by die ANC doen sy bes om met redelike politieke partye koalisies te sluit.