Skip to content

ANC-jeugliga kritiek op Gautengse ANC-leierskap noodsaaklik om radikale transformasie aan te spoor

# Die president van die ANC se Jeugliga, Collen Malatji, het die liga se radikalisme en militantheid verdedig. Hy voer aan die kritiek op die Gautengse ANC-leierskap ondermyn nie die ANC-jeugliga se kernbeginsels nie. Malatji het benadruk die jeugliga se rol strek verder as net om die jeug se steun vir die ANC te mobiliseer en sê hy konsentreer eerder op samelewingskwessies en hou die ANC leiers aanspreeklik vir swak prestasie. Hy verwerp die idee dat die jeugliga sy militantheid moet laat vaar want dit is noodsaaklik om radikale transformasie aan te spoor en maatskaplike strukture wat weerstand bied, uit te daag.